Besigheidsvertroue in KWV Ten Spyte van Prestasie Uitdagings

22 February 2011
KWV se besigheidsresultate vir die eerste ses maande van die finansiële jaar het nie aan verwagting voldoen nie, met die kern wyn- en brandewyn besigheid wat ’n verlies van R7,2 miljoen getoon het. ’n Strategiese besluit om verkoopspryse te lig op nie-winsgewende produkte in die Verenigde Koninkryk het ’n groot impak gehad, terwyl die stadige herstel van die globale ekonomie en die sterk rand verder druk geplaas het op volumes en marges. Meer bemoedigend was suksesse in markte soos die Verre Ooste, waar KWV se brandewyne en wyne verwagtige ootref het het. Die laer volumes en wisselkoers impak het marges negatief geaffekteer, en ten spyte van die feit dat uitgawes oor die periode goed bestuur is, het die maatskappy ’n R29.5 miljoen afname in sy bedryfswins uit voortgesette besigheid getoon. Groei in die afset van spiritualieë was stadig (op met 1.1%), met die stagnerende plaaslike brandewyn kategorie wat kommerwekkend bly.

Wesensverdienste het te staan gekom op R5.8 miljoen (8.4 sent per aandeel) – ‘n 80% afname van die R28.5 miljoen van die vergelykende vorige ses maande. Die klein wins is hoofsaaklik toe te skryf aan wins op die verkoop van kleiner bates, rente verdien op die maatskappy se beduidende kontant balans sowel as huur- en dividend inkomste. KWV se sterk balansstaat, wat ’n kontans balans van R180 miljoen insluit, voorsien genoegsame ondersteuning vir die maatskappy se toekomsplanne. Besigheidsdoelwitte word bestuur deur ’n span handelsmerk direkteure wat agt maande gelede aangestel is – met handelsmerke soos KWV se Roodeberg, Cathedral Cellar, Café Culture, Wild Africa Cream en die KWV brandewyne, wat aandag geniet. 

Thys Loubser, hoof uitvoerende beampte van KWV, het die einde van die korporatiewe aksie van die laaste paar maande by die maatskappy verwelkom, en sê: “Ons moet nou ten volle kan fokus op die besigheid en beter prestasie. Ons verwelkom ons nuwe aandeelhouer van verwysing, HCI, op die direksie, en sien uit na hulle ondersteuning. KWV is goed geposisioneer om sy prestasie te verbeter en sy voetspoor uit te brei, veral in ontwikkelende markte, in die volgende paar jaar.”

Languages

  • ????
  • English