KWV is in Desember 2010 deur Halewood International genader, na die oorname aanbod van Pioneer Foods aan KWV. Die direksie van KWV het kennis geneem van die SRP uitspraak.
In die lig van die feit dat die Pioneer aanbod teruggetrek is, word pogings van Halewood om op grond van ‘n beweerde geleentheid gelyke toegang te kry tot mededingende maatskappy inligting, deur die direksie as onvanpas beskou.
Die direksie is tevrede dat daar geen vooruitsig hoegenaamd is van enige samesmelting tussen KWV en Halewood op die basis soos tans deur Halewood voorgestel nie. Die direksie het hierdie standpunt ingeneem veral in die lig van die feit dat HCI meer as 25% van die maatskappy se aandele opgeneem het, en uitdruklik te kenne gegee het dat dit nie so ’n samesmelting op hierdie stadium sal ondersteun nie.
In die lig van bogenoemde, het die direksie besluit om regsadvies in te win om te bepaal of daar appél aangeteken sal word teen die SRP uitspraak of nie.