Nuwe Direkteure Aangestel by KWV

10 February 2011

KWV kondig graag die aanstelling van mnre John Copelyn, Marcel Golding en André van der Veen van Hosken Consolidated Investments (HCI) op KWV se direksie aan.

Nadat Zeder Investments sy belegging in KWV aan HCI verkoop het, het mnre Antonie Jacobs en Jannie Mouton hul bedankings ingedien as lede van die direksie, met onmiddellike effek.

Nadat Rootstock Capital sy aandeelhouding in KWV aan HCI verkoop het, het KWV voorsitter ook sy bedanking ingedien, met ingang 1 Mei 2011, om ‘n gladde oorgangsperiode te bewerkstellig.

Mnre Abrie Botha en Phillip Retief het hul bedankings ingedien as deel van die normale verloop van die besigheid, om beide hul aandag te gee aan hul uitvoerende pligte. Mnr Retief het met onmiddellike effek bedank, terwyl mnr Botha met ingang 1 Mei 2011 uittree.

Die direksie wens mnr Marcel Golding geluk, nadat hy aangewys is as voorsitter van KWV vanaf 1 Mei 2011.

Die direksie waardeer die bydrae van die lede wat uittree as direkteure, met spesifieke verwysing na die voorsitter in sy leierskapsrol wat gekenmerk is deur sy besigheidsin, energie en toewyding.

Die direksie wil ook bestuur en personeel bedank vir hulle bydraes en deursettingsvermoë gedurende die afgelope maande, en sien uit om saam met hulle te fokus op KWV en sy handelsmerke se kommersiële sukses, en vir voortbouing van ’n langdurende erfenis van integriteit by KWV.

Languages

  • ????
  • English